Tania het ‘n baie spesiale bestelling ontvang van ‘n klein girly-girl wat graag ‘n prinses koek wou hê vir haar verjaarsdag. Dit was natuurlik ‘n baie belangrike bestelling want klein Megan is Tania se susterskind.
Die ‘koek’ is gemaak van marshmallow crispy treats, oorgetrek met pettinice in pienk en pers - regte egte prinses kleure (rerig
). Tania het tot die pers laat lyk soos materiaal – kreatief nè. Rosies en strikkies is gemaak om natuurlik die prinses se rok te tooi, nes in die storieboeke. Te pragtig.
En wat is ‘n verjaarsdag dan nou sonder koek. Tania het cupcakes gebak met pragtige selfgemaakte vlinders wat tot versier was met ’fairy dust’. Tot die versiering op die cupcakes is gedoen om dit soos voue in materiaal te laat lyk. Te oulik.
Natuurlik is daar flikkers gegooi vir Ouma want die pop kan mos nou nie mooier as die verjaarsdagprinses lyk nie
Daar is toe dadelik vir klein Megan ook ‘n rokkie gemaak om soos haar prinseskoek te lyk.
So, as jy in Petoorsdorp of Gauteng bly, tel op jou foon of jou keyboard en maak daai bestelling – ek weet jy wil!



